Die “Unplug” Christen

Meeste van ons lewe soos 'n "unplug" Christen. Die rede hoekom ek so sê is omdat ons almal in verskillende kerke groot geword. Kerke wil en sal nie die boodskap van Paulus preek nie, want dit gaan die Christen vry maak. Paulus se boodskap sal jou leer dat Christus in jou lewe, en ek praat nou van die Heilige Gees wat in jou is en wat dit moontlik maak vir Christus om in jou te wees. Die Heilige Gees word in elke gelowige geplaas wanneer 'n gelowige weer gebore word. Elke gelowige kry die volle saad/gees van van die Heilige Gees, daar is niemand wat meer kry as 'n ander. 1 Pet 1:23

Dit is hoekom ek sê baie gelowiges lewe sonder die wete dat Christus in hulle lewe, Christus is in ons 24/7 en Hy sal jou nooit verlaat nie. Dus as jy op soek is na Christus buite jou, en jy doen allerhande dinge om nader aan Hom te kom, maak jy 'n groot fout. Dit is soos iemand wat na sy kar sleutels soek wat in sy broeksak is, maar hy soek die sleutels op verskillende plekke behalwe in sy broeksak. Daar is by die 200 verse of verklarings in die Bybel wat sê ons is in Christus, en Hy is in ons. In die Heilige Gees kan Jesus ons lei en leër. hoofsaaklike doel met ons is, om ons te leer oor hierdie feit dat Christus in ons is. Jesus het dit in die boek van Johannes gesê. Jesus het gesê dat Hy ons nooit sal verlaat nadat Hy opgevaar het na die hemel.

In Joh 14:16 sê Jesus, En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: Hierdie “Trooster” waarna Jesus verwys is niemand anders as Jesus. Die hele
manier hoe die Heilige Gees met gelowiges gaan werk, gaan verander. Voorheen in die ou Testament was die Heilige Gees meestal op die profete ens, maar nadat Jesus op gevaar het na die hemel, kan Hy nou in die Heilige Gees werk met gelowiges want hulle is weer gebore met die Heilige Gees. Die Heilge Gees is nou in gelowiges. Jesus het die Heilige Gees gegee op die dag van pinksterdag, Act 2:33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. Petrus verduidelik hier aan almal wat om hom gestaan het wat met hulle gebeur het. Hy sê dit is Jesus wat die Heilige Gees uit gestort het en nie n sogenaamde derde persoon of wese van God nie. Die drie eenheid god is vals en dit veroorsaak dat mense nie verstaan dat dit Christus is wat in hulle lewe nie, hulle dink dit is die “Heilige Gees sonder Jesus. So meeste gelowiges is “unplug” van Christus.

Om te sien hoe Jesus met die mense en
dissipels gewerk het nadat Hy die belofte van die Heilige Gees ontvang het van Yahweh Vader, en nadat Hy opgevaar het, Act 1:2 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;  U kan hier duidelik hier sien dat Jesus nou deur die Heilige Gees in u is. Die Heilge Gees is nie  'n ander wese of 'n ander persoon (god die heilige gees)van God nie. Die Heilge Gees kom van Vader Yahweh , Hy is Heilig en Gees. As u hierdie kan vestaan dan sal dit baie help om te vestaan dat Jesus is in u deur middel van die Heilige Gees. Om te vertaan wie die vertrooster is, kom ons kyk na die volgende verse:
Joh 14:16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gese het.
Joh 15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.
Joh 16:7 Maar Ek se julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
As u die woord
Trooster naslaan in Strongs woordeboek sal u sien die nommer is: G3875 en dit gee die leidraad wie die Trooster is.
Sien 1Jo 2:1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het
n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.
Die woorde
Trooster en Voorspraak is dieselde Strongs nommer as G3875, dit is dieselfde persoon. Ek het ongelukkig net 'n Engels woordeboek sien die foto van die woord G3878
Dit is dus duidelik wie die Trooster|Voorspraak is.
Die Bybel leer dat as jy nie Christus het nie, dan het jy nie lewe nie Joh 10:28. Dus as jy se dit is die Heilige Gees wat in jou is in plaas van Christus wat deur die Heilige Gees in jou is, dan ongelukkig is jy "unplug" van Christus wat waarskynlik in jou is en gaan jy hom soek in alle ander moontlike maniere.
Indien jy nie weer gebore is nie, dan moet jy baie vinnige 'n plan maak om Christus in jou lewe te kry deur aan Hom te glo soos Paulus gesê het in Hand 16:31 en Rom 10:9. Christus plaas dan die  Heilige Gees in jou en jy is weer gebore, 'n kind van Vader Yaweh. Die Heilige Gees sal dan jou  leer oor Christus in jou Joh 14:16, 15:26, 16:7, 16:13. Dit is baie belangrik dat jy dan na die Heilige Gees luister anders gaan jy nooit leer oor Christus wat in jou is nie. Jy sal nooit 'n volledige mens word nie, want alleenlik Christus kan jou 'n volledig mense maak Kol 2:10, niks anders op hierdie aarde kan dit doen nie, nie n kerk of n godsdienstige program of ‘n ministerie of wat ook al jy gaan probeer , dit gaan jou nie volledig maak nie.
Ons moet onthou, ons almal het in verskillende kerke, skole en opvoedkundige sentrum groot geword en is ons identifikasie daarvolgens gevorm. Die vraag is? is dit hoe ons Vader in die hemel ons wou gehad het, 'n dokter, motor werktuigkundig, of sanger of wat ook al. Wel sodra jy die openbaring het dat Christus is in jou en Hy lewe in jou soos jy is gaan baie dinge verander. Onthou Christus se gees/natuur is in jou en jy sal nou volgens Christus se natuur optree in jou daaglikse lewe en dade soos byvoorbeeld om n moeder, of 'n dokter te wees ens. Ons en Jesus is: Pe 1:4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. U kan sien dat ons is deelgenote van die Godelike natuur wat van Vader Yahweh kom.

Wanneer jy hierdie openbaring het, dan sal Christus se natuur jou verander na wat Vader in die hemel jou voor jou geboorte beplan en geskape het. Kan u sien hoe belangrik dit dan is dat jy nie "unplug" van Christus in jou moet wees nie. Heel waarskynlik gaan jy begin anders dink en gaan jy jou werk wil verander of jy gaan begin belangstel in ander dinge wat jy nooit sou kon droom jy sal wil doen nie.

Paulus se boodskap gaan oor 'n misterie, geen kerke preek daaroor nie. Hierdie misterie word alleenlik geopenbaar aan die gelowige deur die Heilige Gees, Hy alleen ken Christus werklik en wat alles in hierdie misterie is, soos Jesus gesê het in Joh 16:13 ….maar alles wat Hy hoor…..sal Hy aan julle spreek.

Peter Porter

Top Searches:
Do You Believed Your Bible
Jesus Came Down From Heaven|Really?
John 3:13 - No one has ascended into heaven...
36 Proofs From The New Testament Jesus Is Not God
Who is “The I Am” John 8:24
The 3rd Person of the Trinity is Jesus- Christ's Father?
Many more - Articles

Come Out of her the mother of all whores and her dauthers Rev 17:1-7, Rev 18:4