As jy aandag gee wat daar buite in die wêreldse kerkstelsel aangaan, sal jy sien die kerk mense luister nie regtig na Yahshua nie. Ek praat nie van die sekulêre wêreld nie maar van die wêreldse kerke. Hulle wil nie rerig vir Yahshua hoor nie, hulle wil nie na Yahshua luister nie. Mense sal sê hulle glo in Yahshua maar as jy mooi na hulle luister, sal jy sien dat hulle nie eers glo wat hy sê nie.

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde:

(Matt 5:30 [PWL])

As jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg! (As jy verkeerd doen - stop dit). Dit is vir jou beter dat jy een van jou ledemate verloor as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.

Yahshua het nie regtig bedoel jy moet jou hand af kap nie so kom ons gaan net aan en ignoreer hierdie vers geheel en al, kom ons maak net of Yahshua dit nie eers gesê het nie. Kom ons gaan net aan met wat ons doen.

(Matt 5:48 [PWL])

Jy moet daarom volmaak wees net soos julle Vader in die hemel volmaak is’.”

Jy sal hoor nee, nee hy het nie hulle geleer om perfek te wees nie. Ons kan nie perfek wees nie want Yahshua is god so hoe kan ons soos Yahshua wees. Ons en sy dissipels moet eerder gered word
volgens die 16de eeu se protestantse regverdigings leer wat hulle natuurlik niks van weet nie. Maar dis regtig wat Yahshua bedoel het, maar niemand luister na Yahshua nie.

(Matt 6:19 [PWL])

Moenie vir julle skatte opgaar hier op die aarde, waar motte en roes vernietig en waar diewe inbreek en steel nie,

Weereens Yahshua het dit nie regtig bedoel nie, hy het bedoel ons moet net nie te veel opgaar nie, Dit is rêrig nie verkeerd as ons drie karre het met met 3 motorhuise,vakansie huise by die kus en banke vol geld ens. Maar ons wil net nog die ding hê en daai ding hê dan sal ons probeer om nie te veel optegaar nie. Ons baseer mos ons rykdom aan hoe voorspoedig en geseën ons is. Niemand luister na Yahshua nie.

(Matt 6:24 [PWL])

Geen man kan vir twee meesters werk nie, want hy sal òf die een haat en van die ander een hou, òf hy sal getrou wees aan die eerste een en die ander een verwaarloos. Dit is nie moontlik om vir God én vir Mammon te werk nie!

Niemand kan twee meesters hê nie, jy kan nie altwee gelyk dien nie, Jy sal die een haat en die ander liefhê of hy sal aan een toegewy wees en die ander een verag. Jy kan nie beide Yahweh dien en mammon nie. Yahshua het dit nie heeltemal reg nie, dit wil voorkom dat hy nie weet van ons
denominasionele leerstellings wat vir ons sê dat ons inderdaad beide kan dien, en ook dat ons die wêreld se materiële rykdom mag hê. Ja inderdaad jy kan soek na Yahweh se koninkryk en sowel wêreldse sukses en rykdom, dit is geen probleem en jy kan Yahweh se redding boodskap ook byvoeg by jou versameling van wêreldse goed. Dit gaan alles oor wat jy wil hê. Niemand luister na Yahshua nie.

(Matt 6:31 [PWL])

Julle moet daarom nie bekommerd wees en vra: ‘Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie,’

(Matt 6:32 [PWL])

want dit is die ander nasies wat konsentreer op al hierdie dinge. Julle hemelse Vader weet dat julle ook al hierdie dinge nodig het,

(Matt 6:33 [PWL])

maar soek eerste die Koninkryk van God en Sy onpartydige opregtheid en al hierdie dinge sal ook vir julle bygesit word.

(Matt 6:34 [PWL])

Bekommer julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge bekommer. Elke dag het genoeg aan sy eie booshede.

Nee dis okay Yahshua dit is my oorlewing, my kos op die tafel, my rekeninge om te betaal is my
hoogste prioriteit en ek sal self daarvoor sorg baie dankie. Ek sal die koninkryk van God soek nadat
ek eers al my prioriteite na omgesien het. Ek het geen waarborge dat Yahweh sal voorsien as ek dit nie self doen nie. Maar ek sal jou dit gun Yahshua. Ek self sal die koninkryk van God 'n prioriteit maak maar nie top prioriteit nie. Niemand luister na Yahshua nie.

 

(Matt 10:5 [PWL])

Yeshua het hierdie twaalf gestuur en hulle opdrag gegee en gesê: Moenie, op pad, na die ander volke toe gaan nie en moenie in die stede van Shomron ingaan nie,

(Matt 10:6 [PWL])

maar gaan spesifiek na die verlore skape van die huis van Yisra’el

(Matt 15:24 [PWL])

Hy antwoord egter en sê vir hulle: Ek is nie gestuur nie, behalwe na die afgedwaalde skape van die huis van Yisra’el,”

O nee Yahshua maak hier 'n groot fout, ons kerk se leerstellings sê ons moet na alle volke toe gaan om die boodskap te versprei. Ons dominie sê ons moet sendeling word en die boodskap gaan preek in Afrika en orals waar daar nie, van die verlore skape van die huis van Israel is nie. Ons het al baie van hulle bekeer en hulle is wonderlike christene. Ons kerke is vol van hulle. Ons weet beter Yahshua, jy het dit heeltemal mis. Kyk net na die volgende vers wat Yahshua vir ons sê:

(Matt 18:11 [PWL])

want die Seun van die mens het gekom om te red, wie ook al verlore is.

Niemand luister na Yahshua nie, het Hy nie duidelik gesê dat Hy net na die Huis van Israel gestuur is nie, en is dit nie wat Hy bedoel het in Matt 15:24 nie.

 

(John 7:16 [PWL])

Yahshua antwoord en sê: Wat Ek leer is nie van My af nie, maar van Hom wat My gestuur het.

(John 14:10 [PWL])

Vertrou jy nie dat Ek in My Vader is en My Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, sê Ek nie uit Myself nie, maar die Vader wat in My bly, Hy doen die dade.

(Acts 2:22 [PWL])

Manne van Yisra’el, luister na hierdie boodskap! Yeshua, van Natzeret, die Man wat vanaf God aan julle verskyn het met magtige dade, tekens en wonderwerke, wat God, soos julle self weet, deur Sy hand onder julle gedoen het;

Yahshua maak 'n groot fout, jy is God, jy en God die Vader is een God, nee wat ek sal eerder hou by

my eie apologetiese strategieë, baie dankie, my apologetiese bekwaamheid is so indrukwekkend
dat mense sal my toejuig in my wysheid, nee dankie. Niemand glo Yahshua nie.

 

(John 6:33 [PWL])

want die Brood/boodskap van God, is Hy(die woord van Yahweh) wat vanuit die hemel afgekom het en aan die wêreld die lewe gee.”

(John 6:34 [PWL])

Hulle antwoord Hom: “Ons Meester, gee altyd vir ons hierdie Brood.”

(John 6:35 [PWL])

Yeshua sê vir hulle:  Ek is, die Brood van Lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger wees nie en wie in My vertrou, sal nooit dors wees nie, tot in ewigheid, (die brood van die lewe is in Yahshua, hyself is nie die brood nie maar die draer van die brood)

(John 6:36 [PWL])

maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het en julle vertrou nie.

(John 6:37 [PWL])

Almal wat die Vader vir My gegee het, sal na My toe kom en Ek sal hom wat na My toe kom, nie wegwys nie,

(John 6:38 [PWL])

want Ek(die brood/woord van lewe) het uit die hemel afgekom, nie om My wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.

(John 6:39 [PWL])

Dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat Ek niemand, wat Hy My gegee het, sal vernietig nie, maar Ek hom sal opwek in die laaste dag.

(John 6:40 [PWL])

Dit is die wil van My Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom vertrou, die ewige lewe sal hê en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

(John 6:41 [PWL])

Die Jode het oor Hom gemurmureer omdat Hy gesê het: Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Brood wat vanuit die hemel afgekom het.

(John 6:42 [PWL])

Hulle het gesê: “Is Hy nie Yeshua, die seun van Yosef, Wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe kan Hy dan sê: ‘Ek het vanuit die hemel afgekom?’”(hier is 'n voorbeeld dat niemand Yahshua glo nie, dit is nie hyself wat uit die hemel kom nie maar die woord van Yahweh wat hy ontvang het toe hy gedoop is deur Johannes die doper)

(John 6:43 [PWL])

Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Moenie onder mekaar murmureer nie.

(John 6:44 [PWL])

Niemand kan na My toe kom, as die Vader, wat My gestuur het, hom nie trek nie en Ek sal hom laat opstaan in die laaste dag.

(John 6:45 [PWL])

Dit is geskrywe in die profete: ‘Almal sal deur God geleer word;’ daarom sal elkeen, wat dit van die Vader gehoor en geleer het, na My toe kom.

(John 6:46 [PWL])

Niemand het die Vader gesien nie, behalwe Hy wat van God af kom(die Adamietes ras), Hy het self die Vader gesien.

(John 6:47 [PWL])

Dit is ’n ewige waarheid wat Ek vir julle sê: hy wat in My vertrou, het die ewige lewe.

(John 6:48 [PWL])

Ek is, was,  die Brood van Lewe.

(John 6:49 [PWL])

Julle vaders het die ‘manna’ in die wildernis geëet en het doodgegaan.

(John 6:50 [PWL])

Hierdie is die Brood wat vanuit die hemel afgekom het sodat iemand daarvan kan eet(glo en vertrou) en nie doodgaan nie.

(John 6:51 [PWL])

Ek is die Lewende Brood, wat vanuit die hemel afgekom het (die brood van die lewe). As iemand van hierdie Brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. Die Brood wat Ek sal gee, is My liggaam, wat Ek ter wille van die lewe van die wêreld, sal gee.

(John 6:52 [PWL])

Die Jode het onder mekaar baklei en gesê: “Hoe kan Hy Sy liggaam vir ons gee om te eet?”

(John 6:53 [PWL])

Yeshua sê vir hulle: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: as julle nie die liggaam van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.

(John 6:54 [PWL])

Wie ook al van My liggaam eet en My bloed drink, het die ewige lewe en Ek sal hom laat opstaan in die laaste dag,

(John 6:55 [PWL])

want My liggaam is ware kos en My bloed is ware drank.

(John 6:56 [PWL])

Wie My liggaam eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom.

(John 6:57 [PWL])

Net soos die Lewende Vader My gestuur het en Ek as gevolg van die Vader lewe, net so sal hy wat My eet, ook as gevolg van My lewe. (as ons Yahshua glo en vertrou sal ons lewe kry van Hom wat die Vader vir hom gegee het en dan gee Hy dit vir ons)

(John 6:58 [PWL])

Hierdie is die Brood wat vanuit die hemel afgekom het; nie soos julle vaders wat die ‘manna’ ge-ëet en doodgegaan het nie; wie hierdie Brood eet, sal tot in ewigheid lewe.

Hoeveel van die kerke en hulle lede verstaan hierdie boodskap, hulle met hulle sterk kerk leerstellings kan nie hierdie boodskap verstaan nie. Hulle glo en vertrou Yahshua nie,waar hy sê dit wat in Hom is die brood van die lewe en die boodskap van Vader is in Hom. Niemand glo Hom nie

 

(John 8:58 [AfrBybel])

Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek. (Yahshua sal voor Abraham opgewek word, Hy is van die eerstlinge)

(John 8:53 [AfrBybel])

Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?

(John 8:54 [AfrBybel])

Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.

(John 7:18 [AfrBybel])

Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.

Niemand luister na Yahshua nie.

 

(John 20:28 [AfrBybel])

En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!

(John 14:9 [AfrBybel])

Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?

(John 12:44 [AfrBybel])

En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.

(John 12:45 [AfrBybel])

En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.

Niemand glo Yahshua as Hy sê wat hy sê is nie van Hom nie maar van sy Vader, sy Vader is in Hom,alles wat Yashua sê of doen is die werking van die Vader se gees in Hom, Dit is hoekom Thomas het uiteindelik Yahshua geglo na baie keer wat Yahshua hom geleer het om te glo en vertrou, hy het uiteindelik later verstaan dat Yahweh is in Yahshua. Dit is hoekom hy gesê het My Meester en my God. Thomas het altwee herken, Yahweh en Yahshua. Maar niemand glo Yahshua nie. Daar is 'n goeie rede hoekom Yashua gesê het die pad na die ewige lewe is baie nou, maar min sal dit vind. Uiteindelik die wat nie na Yahshua luister nie LUISTER/GLO NIE DIE ALMAGTIGE YAHWEH NIE.

 

Niemand wil van Yahweh hoor nie, niemand wil ook vir Yahshua luister nie, Die een wat Yahweh gestuur het om vir Hom te praat en te doen wat ook al die gees van Yahweh in hom wil praat of doen. Hulle wil net van hulle eie vleeslik begeertes hoor en om hul geloof afgode te dien hulle stel net belang wat hulle afgode te sê het. Dan lieg hulle en sê hulle glo Yahshua
Niemand luister na Yashua nie.


Niemand Luister Na Yahshua

Come Out of her the mother of all whores and her dauthers Rev 17:1-7, Rev 18:4