Hoekom Is Die Probleem Van Drie Eenheid Van God So n Groot Probleem.

Peter Porter

Die mense wat die drie-eenhied leer glo sal soms sê, ag dit is nie so belangrik as jy dit glo nie, en ander sal weer sê, dit hang alles af of jy
gered sal word. Ongelukkig kan ons nie met dit saamstem nie. Dit is baie belangrike om hierdie kwessie te bespreek, om die waarheid te
weet en te leer. Dit gaan nie net oor die leer van die drie-eenheid nie maar ook oor ander leerstelling wat die goddelikheid van Jesus
bevorder. Dit is dus baie belangrik om te kyk na hierdie kwessie, want die Bybel self sê wie Jesus (Yahshua) werklik is en wie God
(Yahweh) werklik is. As jy in die Hebreeuse Bybel of in die tanakh/torah of die ou Testament kyk, sal jy sien dit is baie duidelik dat Yahweh
is nie 'n mens of man nie Num 23:19.....God is geen man...., Hos 11:9 ....Ek is God en nie ‘n mens nie....

In Isa 40:28 Ons Vader se Hy is 'n ewige God Isa 40:28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper
van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Dit is ook hier duidelik dat
God nie sterflik is nie, Hy is ewig daar. Daar is ook ander verse wat hierdie waarheid vertel, self Paulus noem dit in Rom 16:26 maar nou
geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot
gehoorsaamheid van die geloof . Om te sien wie ons Vader is moet ons eers gaan kyk in die Ou Testament, want dit is daar waar Hy baie
van Homself praat en Hy Homself bekend maak. Ek sal nou n paar verse hier onder noem:

Deut 6:4 - Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE. Die Afirkaanse vertaling is ongelukkig gedoen deur mense wat n sekere
leerstelling wou inlees. Die woord “enige” is nie dieselfde as “een” nie. As jy na die engelse vertaling van die KJB gaan sal jy sien dit is
vertaal as “one” Deu 6:4  Hear, O Israel: The LORD our God [is] one LORD: Meeste van die Afrikaanse kerke glo aan die drie-eenheid
leer en dus gebruik hulle net een vertaling, maar dit is goed om soms meer vertalings te bestudeer. Zec 14:9 En die HERE sal Koning
wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een. Hierso sien ons weer die Here is een. Isa 43:10 Júlle is my
getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is—voor My is geen
God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie. In hierdie vers kan u duidelik sien dat daar geen geheimenis is om te weet wie
ons Vader is nie, ons hoef nie ons gesonde vertand te forseer om aan n “mystery” te glo wat se Hy is een maar ook nie eindelik een nie
maar drie.

Die rede hoekom die drie-eenheid leerstelling so sê is om nie die gebod wat sê in Exo 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig
hê nie, sien ook Deu 5:7, te verbreek nie, want in die drie-eenheid leer is daar drie gode. Dit is natuurlik 'n baie groot sonde en absolute
verkeerd. Dit is om dubbel te praat, met jou een stem se jy daar is net een God maar dan aan die anderkant se jy daar is drie. Ons flous
God nie met hierdie dubbel praatjies nie, of jy glo Hy is net een (een persoon) of jy gaan agter ander gode aan. Paulus waarsku ons ook
teen dit, 1Kor 8:4 Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ‘n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar
geen ander God is nie, behalwe Een. 1Kor 8:5 Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is—soos
daar baie gode en baie here is— As jy reg begin sal jy reg eindig, dit is hoekom ek sê gaan eers na die Ou Testament om te sien wie ons
Vader werklik is, jy hoef nie na jou predikant te gaan of ander geleerdes nie, lees en bestudeer dit jouself. Met die Vader se Gees sal Hy
jou ly.

'n Ander groot probleem is, die Christelike kerke aanbid 'n beeld van Yahweh, en Hy is glad nie ingenome met dit nie want dit breek sy
gebooie. Die mens is geskape volgens die beeld van Yahweh, Gen 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van
God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. Ons kan duidelik sien dat die mens is na die beeld van Yahweh geskape.
Exo 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van
wat in die waters onder die aarde is nie. Ons kan dus duidelik sien dat ons geen beelde mag aanbid nie, dit is net die een Almagtige
Yahweh , wat een persoon is. Hy sê daar is niemand ander as Hy, Deu 4:35, Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE
God is; daar is geen ander buiten Hom nie. Hy sê ook daar is geen ander god bo in die hemel asook op die aarde nie, Deu 4:39, daarom
moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie. Vader
Yahweh sê ook daar is niemand soos Hy, en daar is geen ander God behalwe Hy nie. 2Sa 7:22, Daarom is U groot, HERE God! Want
daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het. Sien ook Isa 45:5, 2Ki 19:19,
Mal 2:10 Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die
verbond van ons vaders te ontheilig?

Dit is dus duidelik dat ons net EEN Vader Yahweh het, en nie drie verskillende gode nie. Ons gaan nou na die Nuwe testament. Die
eerste belangrike verse is Joh 17:3, En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur
het. Weereens is hierdie woord “enige” nie reg vertaal nie, dit is gedoen om die drie-eenheid te bevorder. Die engels vertaling het dit reg:
Joh 17:3 And this is life eternal, that they might know thee the only true God, and Jesus Christ, whom thou hast sent. Dit is duidelik dat
hier van twee persone gepraat word. Dit is baie belangrik om ons Vader te leer ken soos Hy is en wat Hy sê van Homself, dat Hy een is
nie drie persone nie maar net een is. Ons moet ook weet wie sy seun is, Hy is nie God nie of n deel van die drie-eenheid god nie maar
die man Yahshua. Dit is om ewige lewe te hê, u kan sien dit is baie belangrike.

Self Yahshua het gesê wie sy Vader is, wat sy geloof is. Mar 12:28, En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor
redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal?
Mar 12:29, En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here; “enige” is
verkeerd vertaal moet wees “EEN”
Mar 12:30, en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die
eerste gebod.
Mar 12:31, En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.
Mar 12:32, En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie;
Mar 12:33, en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te
hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.
Mar 12:34, Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het
dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.

Dit is Yahshua se geloof en nie die “Nacea creed” wat bepaal het dat God nou skielik uit drie gode bestaan nie. Yahshua het nie die
skrifgeleerde verkeerd bewys of reg gehelp om vir hom te sê “ nee jy maak 'n fout God bestaan uit drie dele en Ek is een deel” Nee
Yashua het gesien Hy het verstandig geantwoord en vir Hom gesê, jy is nie ver van die koningkryk af nie, dit is moontlik dat die skrif
geleerde Yahshua as sy verlosser sal aanvaar later na die kruisiging. Maar die wat nie glo dat Vader Yahweh “een is en daar geen ander
is as Hy nie; mag dalk ver wees van verlossing want hulle aanbid n man wat die beeld van God is. Dit is belangrik dat ons na Yahshua se
woorde luister, want Hy is gesalf deur Vader Yahweh om namens Hom te praat. Self Yahshua het gesê Hy is nie goed nie daar is net een
wat goed is, Matt 19:16-17, En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige
lewe kan hê? 17, En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe
wil ingaan, onderhou die gebooie.

Yahshua het aan die Samaritanse vrou gesê “ons weet wie ons aanbid, Yahshua het hom ingesluit in die “ons” Joh 4:22 Julle aanbid wat
julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. Is dit dalk moontlik dat die christelike kerke wat vas hou
aan die drie-eenheid leer dalk nie weet wat hulle aanbid nie? Is dit dalk die rede hoekom die klerke in SA dalk leegloop omdat hulle aan
hierdie leerstelling vashou en 'n ander god aanbid wat nie in die woord van God voorkom nie?. Yahshua het self gesê Hy het 'n Vader en
'n God soos ons het: Mat 27:46 en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is:
My God, my God, waarom het U My verlaat? Joh 20:17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my
Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God. Is dit nie baie
duidelik nie, ons hoef niks in die skrif in te lees nie, dit moet uit die skrif kom. Ek sê altyd vir my self, ek hou wat in die skrif gesê word dan
is my kanse baie goed dat ek na die woord van Yahweh luister en sy wil doen, as wat ek ander leerstelling vertrou en glo wat nie eers in
die skrif voorkom nie soos byvoorbeeld: Die drie-eenheid leer, Yahshua is God-man,God die seun,God die Heilige Gees.

Paulus glo glad nie aan die drie-eenheid leer nie, sy opening verklaring in sy briewe begin altyd met 'n verklaring soos volg Rom
1:1-4.....die Seun van God ... 1Co 1:1-4 .....3, Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! Paulus praat
hier van twee persone. 2Co 1:4, ...2Co 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en
die God van alle vertroosting, ... kan u sien wat Paulus sê “ Vader van onse Jesus Christus” Hoekom sê Paulus so?, hoekom het hy nie
maar net gesê “God” nie, want in die drie-eenheid leer is hulle tog al drie dieselfde ding – een god. Hoekom verwys hy na die Vader van
Yahshua? Want hy glo nie aan die drie-eenheid leer nie, Gal 1:1-3 Paulus, ‘n apostel nie vanweë mense of deur ‘n mens nie, maar deur
Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het, Kyk bietjie na hierdie vers hier sê Paulus nogal baie, weereens sê
hy “Jesus Christus en God die Vader “ duidelik twee persone in sy gedagte en hy noem nie eers die Heilige Gees as die derde persoon in
die drie-eenheid leer nie, nie in een van sy briewe nie. Wie het Yahshua opgewek? Yahweh Vader het dit gedoen, as Hy dit nie gedoen
het nie is ons geloof en redding daar mee heen. Hoekom as Yahshua God is kon Hy hom nie self opgewek het nie? Want hy is nie God
nie en God kan nie sterf nie. Die drie-eenheid leer mense sal nou seker se - “ja maar die man Jesus het gesterf “ maar wie het aan die
kruis gesterf net die man Jesus of was God Jesus nog in hom? Het God Jesus die man Jesus verlaat net voordat hy gesterf het en by die
opstanding toe spring hy gou terug in hom. Want dit moes die man Jesus wees wat op gestaan het want sy lyk was nie meer in die graf
nie. Dit klink rêrig so “pagan” afgodery!!!! Kan ons dan hierdie God Jesus vertrou as Hy sê Hy sal jou nooit verlaat nie, Heb 13:5 ....Ek sal
jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Kyk na Gal 1:3 Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus, hy noem glad nie die Heilge Gees nie, as
Paulus dan verkeerd? Ek glo nie hy volg die instruksies van die Heilge Gees wat hom ly. Yahshua na sy opstanding werk nou deur die
Heilige Gees met Paulus sien Gal 1:1-3 Paulus, ‘n apostel nie vanweë mense of deur ‘n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die
Vader .....en Act 1:2 ......nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het; Eph 1:1-3 1 ....... 2,
Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus!  3, Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus
Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, Dit is weereens baie duidelik Paulus groet sy lede
met “van Die Vader van Yahshua en van Yahshua, geen melding van die Heilige Gees nie. U kan ook kyk na die ander briewe: Phi 1:1-2,
Col 1:1-3, 1Th 1:1-3, 2Th 1:1-2. U moet in gedagte hou hierdie briewe is geskryf na Yahshua se opstanding.

In Johannes word Yahshua “ die man” genoem - Joh 5:12, Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en
loop? Joh 18:29, En Pilatus het na hulle uitgekom en gesê: Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man in? Dit is duidelik wat die
mense Yahshua gesien het as “'n man” Joh 19:5, En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. En
Pilatus sê vir hulle: Dáár is die mens! Yahshua sê Hy is gebore John 18:37, Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus
antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen
wat uit die waarheid is, luister na my stem. Dit is tog duidelik dat as iemand gebore is, dan is dit sy begin van sy lewe. Geen inkarnasie
het plaas gevind nie anders sou Yahshua so gesê het, ons kan hom tog seker vertrou, miskien sal die drie-eenheid leer mense se “nee
die man Jesus het nie geweet van die inkarnasie nie” maar volgens hulle leerstelling is Jesus 100% man en 100% God. Hulle verwag ons
moet dit glo en ons moet soort van dubbel visie hê om die god-man en die Jesus man gelyktydig te sien, want soms is hy god-man en
soms is hy Jesus-man. Hoe moet ons so 'n persoon glo en vertrou?

Paulus het ook na Yahshua verwys as “n man/mens - 1Ti 2:5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die
mens Christus Jesus, Kyk mooi na hierdie vers, daar is een God en een middelaar tussen God en die mens “die mens Jesus” Hierdie
verklaring is gedoen na die opstanding, Paulus nog steeds verwys na Yahshua as 'n mens. As jy na die vorige vers kyk sal jy sien daar is
n waarheid wat Vader Yahweh wil he ons almal moet kry en dit is in verse 5 - 1Ti 2:4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis
van die waarheid kom. Kyk n bietjie na die volgende lys van verskille tussen ons Vader Yahweh en sy seun Yahshua:

Een Almagtige Yahweh en Een Man Yahshua
God is gees (Johannes 4:24) Jesus is nie 'n gees nie (Lukas 24:40)
God is nie 'n man nie (Num 23:19) Jesus is 'n man (1 Tim 2: 5)
God word nie moeg nie (Jes 40:28). Jesus het moeg geword (Joh. 4: 6).
God kan nie versoek word nie (Jakobus 1:13). Jesus was versoek (Hebreërs 4:15).
God is wysheid (Romeine 11:33). Jesus het in wysheid gegroei (Lukas 2:52).
God weet alles wat bekend is (Job 21:22) Jesus het nie alles geweet nie (Markus 13:32)
God was altyd volmaak (Ps. 18:30). Jesus het volmaaktheid bereik (Heb 2:10).
God kan nie sterf nie (Deut 33:27) Jesus het gesterf (Lukas 23:46)

Wat baie interessant is, in die laaste boek van die bybel terwyl Yahshau nou in die hemel is, verwys Hy nog na sy God - Rev 3:12 Wie
oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my
God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe
Naam. Dink u nie dit was nou tyd dat Yahshua as hy God is om so na homself te verwys nie? Hoekom bly Hy so na sy Vader en sy God
verwys? Dit is omdat hy nie Yahweh is nie, Hy is die eerste gebore van die nuwe mens-ras en ons gaan Hom volg met die opstanding of
wegraping binnekort. Dit is hoekom ek hierdie artikel publiseer, om mede gelowiges te help om te sien wie hulle werklike Vader is. As jy
Hom gaan ontmoet die eerste keer waar Hy op sy troon sit. Wat gaan jy vir hom sê, gaan jy Hom rêrig ken, gaan jy sê hello my drie-
eenige Vader? Ek hoop rêrig nie jy gaan so sê nie, miskien gaan jy net stil bly en niks sê nie want jy gaan nie weet wie daar sit nie,
miskien in jou vestand gaan jy sê of vra “ek wonder wie sit nou daar, is dit God die Vader of God die seun, of God die Heilige Gees?”
Wees verseker dit sal gebeur, Hy sal jou wil ontmoet, maak seker jy weet wie Hy is.
Daar is nog baie verse in die skrif wat genoem kan word oor hierdie groot probleem van die drie-eenheid leer, maar ek kan ongelukkig nie
alles in hierdie artikel behandel nie, die artikel sal te groot word. As u belangstel hieronder is skakels na drie pdf boeke wat u verniet kan
aflaai om self verder hierdie probleem te bestudeer. Die boeke is ongelukkig in engels maar ek is seker die boeke sal u baie help. U moet
dit met 'n oop gemoed bestudeer en vra die lyding van die gees van Vader Yahweh om jou te help.
1.The Only Perfect Man - Eric Chang.pdf
2.The Only True God Eric Chang.pdf
3.The Real Jesus.pdf
        
Top Searches:
Do You Believed Your Bible
Jesus Came Down From Heaven|Really?
John 3:13 - No one has ascended into heaven...
36 Proofs From The New Testament Jesus Is Not God
Who is “The I Am” John 8:24
The 3rd Person of the Trinity is Jesus- Christ's Father?
Many more - Articles

Come Out of her the mother of all whores and her dauthers Rev 17:1-7, Rev 18:4