Is God regtig Drie – in – Een?

Johann Grobler

God is liefde. Hy wil kinders hê, blaamloos in Christus,  wat Hom sal liefhê en in Sy nabye teenwoordigheid woon, vir ewig  (Efes 1:4).

Een van die kenmerke van ewige lewe is dat ons God meer en meer sal leer ken. Ek glo ons sal nooit ophou groei in ons kennis en waardering van God nie – nie in der ewigheid nie! (Joh. 17:3)

Dit is God se begeerte dat mense Hom in gees en waarheid aanbid. (Joh. 4:23) Maar Hy gooi nie Sy pêrels vir die varke nie.  As mense niks van Hom wil weet nie, sal Hy Hom nie aan hulle openbaar nie. Aan die anderkant, dié wat Hom soek, sal Hom vind. (Luk. 11:9-10, Rom. 1:28, Hebr 10:22)

In die tuin van Eden het God met Adam en Eva gewandel.  Dit was ‘n intieme liefdevolle verhouding. Na die sondeval is daardie verhouding versteur.  Nie net vir Adam en Eva nie, maar ook vir hulle nageslag.

Ons lees van enkele mense wat daarna (teen die stroom) ‘n intieme verhouding met God gehad het: Henog, Abraham, Isak, Jakob en Josef. Toe kom Moses. In Eks. 33-34 word die intieme verhouding tussen God en Moses beskryf.  Ons lees God het met Moses gepraat van aangesig tot aangesig, soos met ‘n vriend. Moses het guns by God gehad en God het hom persoonlik by die naam geken.  So het God hom ook meegedeel.  Toe vra Moses: “Laat ek U heerlikheid sien.”  En God het ingestem dat dat Moses Hom van agter sien, maar nie Sy gesig nie.  En toe God by Moses verbygaan, roep Hy: “Ek die HERE, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte....” (Eks. 34:6-7).

Toe kom Jeus, 1400 jaar later. Een van Sy groot missies was om God te openbaar aan sy (Jesus s’n) volgelinge (Mat. 11:27, Joh. 17:6).  Alles wat Jesus gedoen het, was om Sy Vader te verheerlik.  Hy het die Vader (Yahweh) as sy God beskou.  Hy het gesê God is Sy God en ook die God van Sy volgelinge.  “Ek vaar op na my Vader toe, ...na my God, wat ook julle God is” (Joh. 20:17). Hy het erken Sy Vader – Sy God - is “die enigste ware God” (Joh. 17:3) en ons moet Hom (die enigste ware God) liefhê met ons hele hart, siel en verstand (Mark 12:29-31.
Na Jesus het God nog verdere openbaringe aan Paulus gegee, wie se briewe later ‘n groot deel van die Nuwe Testament Bybel sou opmaak.  Paulus sê ook die Vader is Jesus Christus se God (Efes. 1:3) .

Die Bybel is die rekord van God se versoening met die (gevalle) mensdom deur Jesus Christus.  Dit kan ook gesê word: die Bybel is God se liefdesbrief aan die mens.

Met dit alles inaggenome, kan mens verwag dat God Homself in Sy liefdesbrief sal openbaar.  Hy is nie ‘n bedrieёr nie. Hy kan nie lieg nie.  Dis nie Sy aard en karakter nie.  Hy sal inligting weerhou waar dit liefdevol en gepas sou wees. Hy het Sy geheime (Deut. 29: 29).  Maar as dit kom oor wie en wat Hy is, openbaar Hy Homself aan dié wat daarna soek – en Hy doen dit met absolute eerlikheid.

Die vraag wat dan by my ontstaan is: hoekom het God ons niks gesê van die “Drie-eenheid” nie?  Hoekom kom die woord of begrip nerens voor in die Bybel nie?  Daar is vanaf Genesis 1:1 tot Openbaring 22 geen enkele verwysing daarna nie! Hoekom nie? Hoekom het Jesus nooit daarna verwys nie?  Hoekom het die Evangelie skrywers, Paulus en Petrus nooit melding daarvan gemaak nie?

Die Bybel is ‘n taamlike dik boek.  Dit bevat honderde (dalk duisende?) verwysings na God.  Maar nie een enkele keer verwys dit na ‘n Drie-Enige God nie. Of ‘n drie-in een God nie, of ‘n een-in –drie God nie. Nêrens nie.

Daar is talle gevalle waar in dieselfde passassie na God aan die eenkant en na Jesus of Christus aan die anderkant, verwys word.  In net die Boek van Romeine tel ek 25.

Al wat die trinitariёrs kan doen, is om miskien  20 -25 teksgedeeltes uit te haal , waaruit afleidings gemaak word dat Jesus ook God is of dat Vader, Seun en Heilige Gees altesaam God is.  Nie een van daardie verwysings sê pertinent dat Jesus is
God nie, of praat van “die Drie-eenheid” nie.

Al die tekste wat sê dat God enig is – dat Hy een is, word óf geignoreer , óf dit word anders vertolk as wat dit duidelik sê.  Al die (seker meer as 100?) tekste wat Jesus as apart van God sien, word oor die hoof gesien.  Al die tekste wat sê dat God die Vader groter is as Jesus word misgekyk. Die teks in 1 Kor 15:24 ook.
Lang verduidelikings word gegee oor die betekenis van Elohim en van logos in Johannes 1, maar eenvoudige stellings in die Bybel word misgekyk!

Het God ons gefaal? Het Hy/Hulle (?) ons mislei? Het Hy/Hulle versuim om Homself/Hulleself duidelik te verklaar in Sy/Hulle liefdesbrief?
Dit kan nie wees nie!  Nooit!

Meer leesstof or die onderwerp:
1.The Only Perfect Man - Eric Chang.pdf
2.The Only True God Eric Chang.pdf
3.The Real Jesus.pdf




   

Come Out of her the mother of all whores and her dauthers Rev 17:1-7, Rev 18:4