(Mal 3:6 [PWL]) “want Ek, יהוה, verander nie; daarom is julle, seuns van Jacob, nie verteer nie. Dit is wat Hyself gesê het. Jakobus 1:16 Moenie op ’n dwaalspoor gelei word nie, my broers (mede Istaeliete) vir wie ek lief is. 17 Alle geskenke wat goed en volmaak is, kom van bo af, vanaf die Vader van Lig. By Hom is daar geen verandering of skaduwee van wysiging nie.


Hierdie verse verwys na die God van ons Messiah in hom is daar geen variasie nie of verskuiwende skaduwee. As jy dink jy is te slim om deur die duiwel mislei word, dat jy slimmer is as hy. Dan mag jy dalk uit vind dat jy tog nie so slim was nie en dat hy jou mislei het. Ons het al gesien hoe towernaars op die hoeke van strate staan en mens flous met hulle toerkies. Ons het geen idee hoe hierdie towenaars ons mislei nie, hoeveel meer as die meester van alle towenaars met sy slim towerkunste jou kan mislei. As jy dink dat die duiwel nie jou kan mislei nie, dink weer die Bybel sê die hele wêreld is mislei deur hom.


On het almal al van mense gehoor wat dubbele lewens lei, mense wat hulle voordoen as een identiteit en dan die volgende oomblik weer 'n ander identiteit. Die gevolge is daar is baie mense wat probeer om een of ander dubbellewe te leef, sommige leef drievoudige lewens sommige meer hulle poseer as een en poseer dan as 'n ander. Hulle het "alter ego's Alias-identiteite vormveranderende" identiteit wat hulle van een identiteit verander na 'n ander wat ookal hulle pas by watter geleentheid hulle dien by hulle bose motiewe.

Ek dink ons ​​almal weet watter soort boosheid is agter sulke gedrag, niemand van ons dink ooit dat mense wat sulke dinge doen is mense van die waarheid nie, want daar is geen eerlike rede om sulke dinge te doen nie. Tog is hulle god van die Drie-eenheid wêreld 'n god wie se identiteit voortdurend verander en muteer om by wat ook al geleentheid te pas. 'n Wese van alter ego's vormverandering (shape-shifting) van die een identiteit na die volgende. Een minuut is hulle god die Vader van Jesus maar dan die volgende minuut dan is hy nie, dan is Jesus god, of as dit hulle pas dan is die Vader of Jesus nie daar nie maar dan is dit net die Heilige gees. Jy weet wragtig nie wie is wie nie, maar dan sal hulle sê, nee hy 'n mysterie jy kan hom nie verstaan nie. Wel Yahweh God sê in (Isa 43:10 [PWL]) Júlle is My getuies,” verklaar
יהוה, “My diensknegte wat Ek gekies het sodat julle kan weet en My kan vertrou en kan verstaan dat dit Ek is. Voor My is geen god gevorm nie en daar sal geen ná My wees nie.

Dit is hoekom as jy met die lede praat van hulle kerke omtrent hulle God, het hulle geen idee wat aan gaan nie, hulle ken nie eers hulle eie leerstellings nie. Dit is hoekom hulle maar bid vir die Here (baal). Nou ja, nou sien u dat daar somer nog 'n persoon is "Here" wie dit ookal mag wees? Baie mense besef dit nie maar daar is selfs 'n geleenthede wanneer hy muteer na 'n vyfde identiteit wat sy dienaars die een wese noem wat deur die drie besit word, of die vier wat hulle op een oomblik sal aandring is nie 'n wie nie, maar 'n wat en tog die volgende minuut word hy op 'n wonderlike wyse 'n wie en nie 'n wat nie wat 'n vyfde identiteit het.

Dit is hierdie merkwaardigste vormverandering mutasie wat uitdruklik ontwerp is om jou te mislei, en dit is hierdie vyfde HERE wat hulle beweer hoe hulle God een is. Dit is maar net om nie die 10 gebooie te oor tree nie waar dit gesê word dat jy geen ander God mag aanbid nie. Maar as jy na hulle drie-eenheid god kyk dan sien jy daar is baie gode. Hulle oortree die wet of hulle nou dit wil aanvaar of allerande dinge wil spin dit sal nie help nie.

Yahweh se mense wat goedgelowig is val vir hierdie illusie, as jy die tyd neem om dit alles uit te sorteer sal jy duidelik sien dat hulle eintlik vyf gode het en nie nie net een nie. As jy immers sê een god is nie drie nie, dan definieer hulle daardeur verskillende gode en hulle gebruik die vyfde God om te sê al die ander gode is saam een of wat ookal. So hierdie een god se identiteit verander voortdurend, en dit is altyd 'n raaispeletjie wie hy is in enige gegewe situasie. Hy verander en vermom hom as een god en dan as 'n ander, jy weet nooit wat die volgende illusie kan wees nie.

Natuurlik sy dienaars wat van hom is en dieselfde soort is, is altyd gereed om jou in te lig watter "Alter Ego identiteit" hy dalk nou voorgee hy is, of in elke enige gegewe omstandighede sy vorm is. Yahweh is lig en daar is geen duisternis in Hom nie. Maar die misleide dienaars van hierdie skaduagtige Gnostiese God wat sy verskillende indentiteite wegsteek in die duisternis, hierdie liggelowige aanbidders van hierdie Idol, weet nie eers hoe hul eie leerstelling werk nie. Alhoewel hulle leerstelling regtig nie werk nie, dit maak geen sin nie, hulle sê, glo dit net, hulle bedrieg hulle self deur te dink dit werk. Hulle is in duisternis en hulle weet nie wat hulle doen nie. Baie glo hulle gaan weg geraap word maar hoe gaan jy weg geraap word as jy aan daai deurmekaar god glo?

Kom ons kyk na 'n simpel voorbeeld van die drie-eenheid vormveranderd, hier is drie stoele

















Hierdie drie stoele verteenwoordig die 3 gode van die drie-eenheid.




















Om nie die wet wat sê dat jy geen ander gode mag aanbid nie, sal die drie-enige volgelinge die stoele op mekaar sit en sê: sien dit is nou een stoel (een god). Rerig enige iemand met gesond verstand en goeie oê sal sien dat dit is steeds drie stoele wat opmekaar gesit is. Jy kan nie die drie stoele een maak nie, dit bly DRIE. Yahweh ons een persoon God sal nooit dit moeilik maak om hom te verstaan nie, soos Hy sê in Isa 43:10

Die Geliefde apostel en broer Petrus het ons gewaarsku teen valse profete en valse onderwysers wat jou uitbuit met  woord manipulasie en bedrieglike stories wat jy nie eers lees in die bybel nie, moenie dwaas wees nie, pasop en wees versigtig en waaksaam. In openbaring word gesê die hele wêreld is mislei deur satan. Is hierdie huidige kerke maar nie deel van hierdie wêreld nie. Dit is hoekom daar gesê word kom uit die Höer. Toe Yahshua gevas het, het satan na hom gekom om hom te versoek en een van die versoekings was, as hy hom sal aanbid dan gee hy hom al die koninkryke van die wêreld en hulle glorie, en in die koningkryke was ook al die kerke van daai tyd. Dit is vandag nog so alle koningkryke en kerke is steed deel van satan se koningkryk.

Daar is so baie verskillende kerke en elkeen met sy eie storie, dit moet nie so wees nie ons moet almal dieselfde glo skouer aan skouer vir Yahweh God aanbid. Hy is die eniste ware een persoon God van Abraham Isaak en Jakob. Yahshua sê dit ook, hy aanbid die God en dit is ook sy Vader wat ons Vader en God ook is. Maar wie glo hom, niemand nie, hulle leerstellings is groter as Yahweh en Yahshua. Die pad van die waarheid is 'n noue pad net 'n klein groepe gaan op die einde op die pad wees en gered word.

Wil u ewige lewe hê? om ewige lewe te hê moet u Yahweh die een persoon God ken, dit is baie belangrik, u gaan Hom nie leer ken deur die drie-enige god nie, daai god bestaan nie.
Joh 17:3 [AfrBybel]) En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enigste waaragtige God(een peroon), en dan ook Yahshua die messias  wat U gestuur het. Natuurlik verwag Yahweh dat ons Yahshua moet glo en vertrou (John 3:36 [AfrBybel]) Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom. Hoekom moet ons Yahshua glo want Hy het die ewige woord wat Hy van die Vader gekry het, (John 6:68 [BVH]) En Simon Petrus antwoord Hom: Meester, na wie toe sal ons gaan? U het die Woorde van die Ewige Lewe. So alles wat Yahshua sê moet ons glo, want dit kom in elk geval direk van Vader Yahweh. Yahshua het gesê alles wat Hy doen en sê kom van sy Vader wat in hom is, dit is omdat die Vader se gees in Yahshua is. (John 5:19 [AfrBybel]) Yahshua het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die seun kan niks uit homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die seun ook net so. (John 5:24 [AfrBybel]) Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie(hy sal ook nie in die verdrukking gaan nie), maar het oorgegaan uit die dood in die lewe. Daar is nog baie ander verse, en u kan sien hoe belangrik dit is om Yahweh te ken. As jy Hom nie ken nie het jy nie ewige lewe nie.
Om by Yahshua uit te kom moet jy eers deur die Vader geleer word dan gee Hy jou vir Yahshua, Yahshua het dit homself gesê as jy Hom glo: :(John 6:44-45 ) Dit is geskrywe in die profete: ‘jou kinders sal deur God geleer word;’ daarom sal elkeen, wat dit van die Vader gehoor en geleer het, na My toe kom.

Tyd word min u sal u eie bybel moet oopmaak en self dit bestudeer om te sien wat aangaan. Ons moet afgesonder(apart) lewe vir Yahweh en nie deel neem in vandag se godsdiens nie, bly weg daarvan dan kan Yahweh met jou werk anders nie.

Peter Porter



Die Drie-eenheid Vormveranderde God

Wooden chair
Wooden chair
Wooden chair
Wooden chair
Wooden chair
Wooden chair

Come Out of her the mother of all whores and her dauthers Rev 17:1-7, Rev 18:4